Cannes-rolprentfees 2019
| ||
Datum | 14-25 Mei 2019 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Aanbieder | Édouard Baer | |
Getal prente | 21 (In Kompetisie) 18 (Un Certain Regard) 11 (kortflieks) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The Dead Don't Die | |
Afsluitingsfliek | The Specials | |
Palme d'Or | Parasite |
Die 72ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2019 in Cannes, Frankryk, gehou.[1] Die Mexikaanse rolprentmaker Alejandro González Iñárritu was die president van die jurie.[2][3] Die Suid-Koreaanse prent Parasite, waarvan Bong Joon-ho die regisseur was, het die Palme d'Or gewen; Bong was die eerste Koreaanse regisseur wat die prys wen.[4]
Die fees is geopen met die Amerikaanse regisseur Jim Jarmusch se zombiekomedie The Dead Don't Die[5] en is afgesluit met Olivier Nakache en Éric Toledano se The Specials. Hulde is gebring aan die Franse rolprentmaker Agnès Varda, wat in Maart 2019 oorlede is, en sy het op die fees se amptelike plakkaat verskyn.[6] Die foto is geneem tydens die verfilming van haar debuutprent, La Pointe Courte (1955), wat later op die Cannes-rolprentfees vertoon is.[7]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search